Master of Science
This qualification includes the various specialisations in Science. Please refer to "Notes" for details on the specialisations.
Source: SAQA official qualification record. Yiba Verified does not own the underlying qualification data shown on this page.
Qualification type
Master's Degree
Credits
128
Sub-framework
HEQSF - Higher Education Qualifications Sub-framework
Providers listed
1
Qualification snapshot
Official qualification identity fields captured from the qualification record.
Originator
North West University
Quality assurance functionary
CHE - Council on Higher Education
Field
Field 10 - Physical, Mathematical, Computer and Life Sciences
Subfield
Life Sciences
Qual class
Regular-Provider-ELOAC
Recognise previous learning
N
Important dates
These dates are carried directly from the qualification record.
Registration start
2024-07-01
Registration end
2027-06-30
Last date for enrolment
2028-06-30
Last date for achievement
2031-06-30
Purpose and entry context
Official SAQA text formatted for easier reading.
Purpose and rationale
This qualification includes the various specialisations in Science. Please refer to "Notes" for details on the specialisations.
- Die (eerste) doel van die kwalifikasie is om aan leerders wat reeds oor 'n eerste graad en / of 'n honneursgraad in 'n veld van die gesondheids- en natuurwetenskappe (insluitend wiskundige en rekenaarkundige dissiplines)
beskik, of oor kwalifikasies wat as gelykwaardig erken word, verdere
verbreding ten opsigte van hul kundigheid en toepasbare vaardighede in 'n gefokusde dissipline van die gesondheids- en natuurwetenskappe (insluitend wiskundige en rekenaarkundige dissiplines), te verskaf, wat verbeterde
geleenthede sal skep vir voortdurende persoonlike intellektuele groei, waardetoevoegende ekonomiese aktiwiteit en lonende bydraes tot die
gemeenskap. Hierdie verdere wetenskaplike toerusting geskied vanuit 'n gefundeerde perspektief.
- Die (tweede) doel van die kwalifikasie is om Suid-Afrika te voorsien van wetenskaplike navorsers wat oor bree teoretiese kundigheid en praktiese vaardighede in verskeie dissiplines uit die natuur- en gesondheidswetenskap beskik, met spesialisering en meesterskap in 'n erkende kerndissipline. Sodoende sal verder bygedra word tot die verbreding van die leierskapsbasis vir innoverende en kennisgebaseerde ekonomiese en skolastiese aktiwiteit in
die land.
Entry requirements and RPL
Die leerder beskik oor 'n baccalaureusgraad en / of 'n honneurs baccalaureus-graad, of gelykwaardige status soos deur die senaat van die Universiteit verleen op grond van kennis en vaardighede opgedoen deur vorige leer en werkservaring wat tot leer gelei het. Programspesifieke aannames word in elk van die gefokusde programbeskrywings aangedui.
Structure and assessment
Qualification rules, exit outcomes, and assessment criteria from the SAQA record.
Exit level outcomes
Die uitkomste* soos beskryf by die Honneurs Baccalaureus Scientiae word by hierdie Magister Scientiae verder verfyn en afgerond. Verder sal die kwalifiseerder in hierdie program vertroud wees met die algemene wetenskaplike metode van navorsing, met toespitsing op die besondere navorsingsmetodologie van een gesondheids- of natuurwetenskaplike kerndissipline. Dit sluit in:
- die identifisering en wetenskaplike formulering van 'n probleemstelling;
- 'n deeglike ondersoek van bestaande kennis soos gereflekteer deur toepaslike wetenskaplike literatuur;
- die uitvoer van toepaslike navorsing ter oplossing van die probleem;
- die wetenskaplike evaluering van die resultate in die konteks van die probleemstelling;
- die wetenskaplike kommunikering van die resultate in die vorm van 'n skripsie of verhandeling.
*Natuurwetenskaplike (insluitend wiskundige en rekenaarkundige) en tegnologiese probleemoplossing
Aan die einde van die studie is die graduandus in staat om sekere konvergente en divergente probleme in die betrokke dissipline uit die natuurwetenskaplike, gesondheidswetenskaplike en tegnologiese veld te identifiseer, te evalueer, en kreatief en innoverend op te los.
*Toepassing van fundamentele en spesialis-kennis
Aan die einde van die studie is die graduandus in staat om basiese kennis en tegnieke van die natuurwetenskap en die inligtingstegnologie te integreer om menslike verskynsels en verskynsels in die natuur te kan ondersoek en gepaardgaande probleme te kan oplos. Dit sluit die volgende in:
- Pas natuurwetenskaplike kennis en metodes (met toespitsing op die van die besondere dissipline) toe op probleme deur toepaslike aanwending van:
- formele analise en modellering van menslike aktiwiteite en natuur-verskynsels, -stelsels en -probleme;
- kommunikering van teoriee, konsepte en idees;
- beredenering en konseptualisering van menslike aktiwiteite en natuurverskynsels, -stelsels en -probleme;
- hantering van onsekerhede en risiko's deur gebruik van statistiese beginsels en metodes;
- rekenaarvaardigheid en inligtingstegnologie.
- Gebruik die beginsels, wette en tegnieke van die natuurwetenskap en gesondheidswetenskappe (met toespitsing op die van die besondere dissipline) op fundamentele vlak om:
- oop bedryfs- en samelewingsprobleme te identifiseer en op te los;
- toepassings te identifiseer en aan te wend;
- oor dissiplinegrense heen met gemeenskaplike fundamentele kundigheid te werk.
*Ondersoeke eksperimentering en data-analise
Aan die einde van die studie is die graduandus in staat om
- ondersoeke en eksperimente te beplan en uit te voer deur gebruikmaking van wetenskaplike modelleringstegnieke;
- inligting vanuit data te analiseer, te interpreteer en af te lei.
Die graduandus sal beskik oor deeglike kennis van die fundamentele navorsingsmetodologie van die besondere dissipline.
*Wetenskaplike metodes, vaardighede en inligtingstegnologie
Aan die einde van die studie is die graduandus in staat om
- toepaslike wetenskaplike metodes aan te wend en die resultate wat dit lewer, te evalueer;
- rekenaarpakkette vir berekenings, modellering, simulasie en hantering van inligting te gebruik, wat insluit:
- evaluering van die toepaslikheid en beperkings van die packet,
- korrekte toepassing en werking van die packet,
- kritiese evaluering van die eindproduk deur die pakket gelewer;
- rekenaars, netwerke en inligtings-infrastrukture te gebruik vir evaluering, prosessering, bestuur en berging van inligting om persoonlike produktiwiteit en spanwerk te verbeter;
- basiese tegnieke en kennis van besigheidsbestuur en gesondheids- en veiligheids- en omgewingsbewaring aan te wend op bedryfspraktyk.
*Professionele en algemene kommunikasie
Aan die einde van die studie is die graduandus in staat om
- sowel mondeling as skriftelik, effektief met wetenskaplikes (met toespitsing op die van die besondere dissipline) en die gemeenskap te kommunikeer, deur gebruikmaking van die gepaste struktuur, styl en grafiese en elektroniese ondersteuning;
- metodes van inligtingverskaffing vir gebruik deur ander in veral die wereld van die natuurwetenskap en gesondheidswetenskap (met toespitsing op die van die besondere dissipline) toe te pas.
*Impak van natuurwetenskaplike en gesondheidswetenskaplike aktiwiteit op die gemeenskapo en die omgewing
Die graduandus is krities bewus van
- die impak van natuurwetenskaplike en gesondheidswetenskaplike aktiwiteit (veral die van die besondere dissipline) op die gemeenskap en die omgewing;
- die noodsaaklikheid om by natuurwetenskaplike en gesondheids-wetenskaplike aktiwiteite,
- die impak van tegnologie op die gemeenskap, en
- die persoonlike, sosiale, en kulturele waardes en verwagtinge van diegene wat deur wetenskaplike aktiwiteite geraak word,
in ag te neem.
*Span- en multidissiplinere werk
Aan die einde van die studie is die graduandus in staat om effektief as individu, in spanne en in multidissiplinere omgewings te werk en leiers- en ander kritiese funksies te verrig.
*Lewenslange leer
Die graduandus verstaan die noodsaaklikheid om voortgesette bekwaamheid te verseker en om aan die voorpunt van die jongste tegnologie en tegnieke te bly, en is in staat om in lewenslange leer deur goed-ontwikkelde leervaardighede betrokke te bly.
*Professionele etiek en praktvk
Die graduandus is krities bewus van die noodsaaklikheid om professioneel en eties op te tree en om verantwoordelikheid binne eie beperkings en vaardighede te aanvaar, en is in staat om oordele te vel in verhouding tot kennis en ervaring.
a. Kritieke uitkomste en geassosieerde evalueringskriteria
Die kritieke uitkomste van die program is in die uittreevlak-uitkomste geintegreer, en word volledigheidshalwe weer hier saamgevat.
Aan die einde van sy studie sal die student oor die volgende beskik
Kennis
- Die graduandus is in staat om basiese kennis en tegnieke van die gesondheidswetenskap en natuurwetenskap (insluitend wiskunde en rekenaarwetenskap) te integreer om probleme in die wetenskap en samelewing te kan oplos. Dit sluit in kennis van begrippe en strukture, prosedures en tegnieke, teoriee, beginsels en die fundamentele navorsingsmetodes van die betrokke dissipline(s).
- Die graduandus sal kennis van en insig in die samehang van dissiplines uit die natuurwetenskaplike en gesondheidswetenskaplike veld he.
Vaardighede
Die student sal bemagtig wees om
- kennis selfstandig te kan ontsluit (ook rekenaarmatig), toepas, analiseer, integreer en gefundeerd evalueer;
- kennis wetenskaplik te kan kommunikeer in verskillende media;
- navorsing te kan doen en kennis te kan ontwikkel - dit sluit in kennisontsluiting uit die relevante literatuur, eksperimentele werk waar van toepassing, interpretasie en evaluering van resultate en wetenskaplike verslagdoening;
- krities en kreatief probleemoplossend te kan dink en handel;
- as entrepeneur en intrapreneur te kan optree;
- in 'n groep te kan funksioneer en 'n leiersrol te kan vervul;
- vakkundige vaardighede in 'n samelewingsomgewing te kan implementeer.
Waardes, houdings en gesindhede
Die student sal, vanuit 'n gefundeerde perspektief,
- kennis dra van en waardering he vir konsepte soos roepingsvervulling en diensbaarheid;
- die medemens, die skepping en gesag kan respekteer;
- prinsipieel oor samelewingsvraagstukke kan dink en handel;
- oor integriteit, deursettingsvermoe, noukeurigheid en presiesheid beskik;
- bewus wees van die noodsaaklikheid om voortgesette bekwaamheid te verseker en om aan die voorpunt van die jongste tegnologie en tegnieke te bly, en in staat wees om in lewenslange leer deur goed-ontwikkelde leervaardighede betrokke te bly.
Associated assessment criteria
Geassosieerde assesseringskriteria
Die maatstawwe vir die bepaling van bereiking van die uitkomste en wyses waarop dit toegepas word, is soos volg
- Die vermoe tot kreatiewe denke, kennisontsluiting en -toepassing met gepaste metodieke en rekenaarimplementering, die funksionering in groepsverband en die vermoe om leiding in hierdie verband te kan neem, vermoe tot probleemoplossing en wetenskaplike kommunikasievermoe word formatief ge-assesseer by wyse van individuele en groepsopdragte, groepskommunikasie en verslagdoening ten opsigte van die opdragte, asook deur individuele en groepsgesprekke.
- Die insig in die navorsingsmetodologie van die betrokke dissipline word formatief en summatief ge-assesseer deurdat die leerder onder toesig van een of meer studieleiers 'n gegewe navorsingsopdrag deur die fases van literatuurstudie, eksperimentering (waar van toepassing), analisering, evaluering en die skryf van 'n wetenskaplike skripsie of verhandeling uitvoer, wat deur interne en eksterne eksaminatore beoordeel word.
- Die vermoe tot effektiewe funksionering in groepsverband en die vermoe om leiding in hierdie verband te kan neem, asook die vermoe tot entrepreneuriese en intrapreneuriese denke en optrede word verder formatief ge-assesseer tydens ekskursies en praktykopleiding.
Die kriteria vir die uitkomste ten opsigte van waardes, houdings en gesindhede is geintegreer in die beskrywing van die uitkomste hierbo, en die assessering geskied geintegreerd soos beskryf in "Geintegreerde assessering" hierna.
Geintegreerde assessering
Geintegreerde assessering om te versekr dat die doel van die kwalifikasie bereik work, geskied by wyse van 'n verskeidenheid van strategiee. Die vernamste hiervan is die beoordeling van 'n skripsie of verhandeling wat bewys lewer dat die leerder vertroud is met die wetenskaplike metode van navorsing.
Formatiewe assesserings
- Individuele sowel as groepsopdragte wat kreatiwiteit, kennisontsluiting en toepassing met gepaste metodieke en rekenaarimplementering, groepskommunikasie en verslagdoening sal behels.
- Individuele en groepsgesprekke, wat in aansluiting by die vorige punt, die ontwikkeling van die student se wetenskaplike kommunikasievaardighede assesseer.
Summatiewe assesserings
- Geskrewe en / of mondelinge middle- en eindeksamens oor teoretiese vakkennis, praktiese probleemoplossingsvaardighede en eksperimentele vermoens - daar word veral klem gele op vrae wat kritieke uitkomste soos identifisering en oplossing van probleme, verantwoordelike besluitneming en kritiese en kreatiewe denke toets.
- Individuele en groepsbesprekings en werkopdragte wat wetenskap- en samelewings-kwessies vanuit 'n gefundeerde perspektief hanteer.
Progression and comparability
Articulation options
- Met die suksesvolle voltooiing van die M Sc-program sal die leerder direk toegang he tot verdere leer vir die doktorsgraad op NKR-vlak 8.
- Krediet sal verleen word vir modules van ander fakulteite en inrigtings, op voorwaarde dat die uitkoms- en totale kredietvereistes vir hierdie program as geheel nagekom word.
- Met die basiese, toepasbare en spesialis-vaardighede, sowel as navorsingsvaardighede, wat die leerder met hierdie kwalifikasie in een van die wiskundige, rekenaarkundige en natuurwetenskaplike of gesondheidswetenskaplike dissiplines opgedoen het, sal die leerder toegerus wees om met verdere leer en navorsing voort te gaan in verwante spesialisasiegebiede aan ander inrigtings.
Notes
As per the SAQA Board decision/s at that time, this qualification was Reregistered in 2006; 2009; 2012; 2015.
NOTES
This qualification includes the following specialisations
- Master of Science in Agricultural Economics
- Master of Science in Agricultural Extension
- Master of Science in Animal Health
- Master of Science in Astrophysics and Space Science
- Master of Science in Biology
- Master of Science in Botany
- Master of Science in Business Mathematics and Informatics
- Master of Science in Chemistry
- Master of Science in Computer Science
- Master of Science in Crop Science
- Master of Science in Dietetics
- Master of Science in Environmental Sciences
- Master of Science in Kinderkinetics (registration end date is 31 December 2018)
- Master of Science in Natural Science Teaching
- Master of Science in Pharmaceutical Chemistry
- Master of Science in Pharmaceutics
- Master of Science in Pharmacology
- Master of Science in Risk Analytics
- Master of Science in Zoology
- Master of Science with internal programme Sport Science (registration end date is 31 December 2018)
- Master of Science with internal programme Statistics (registration end date is 31 December 2018)
Providers currently listed
This reflects provider names published on the official record. It is useful for qualification discovery, but it should not be treated as a substitute for checking the relevant quality body’s latest provider status.
Related Qualifications
Explore other relevant certificates and degrees in this field.
Purpose:
Purpose:
The intended purpose of this Master of Accountancy is to provide the learners with a professional, vocational, and sound understanding of the general theoretical principles and their applications in the field of research accountancy. The qualification will be treated according to the policies and procedures of the institution regarding master's dissertations, monitoring, and assessment of learners' progress in the qualification, provision for learners disputes regarding assessment results and Recognition of Prior Learning. The qualification aims to enhance research capacity and increase access by providing an opportunity to articulate to master's degree. The qualification will accommodate learners with a postgraduate diploma and relevant honours/qualifications on NQF level 8, a minimum of 120 credits achieved at other institutions as well as vertical articulation from relevant master's degrees.
Purpose:
Apply educational knowledge, skills, principles and methods to conduct research methodology as an Associate General Accountant (AGA), Commercial and Financial Accountant (CFA), Financial Manager of an organisation, Lecturer, Specialist in Auditing/Tax/Cost and Management Accounting/Financial Accounting.
Use this qualification in your readiness workflow
Once the qualification identity is clear, your institution can structure the readiness work around the right title, NQF level, dates, and supporting records instead of rebuilding that story later.